Slegs 2 visstokke per persoon word toegelaat soos deur Fauna en Flora voorgeskryf.
Vis Spesies wat hier voorkom:
- Karp
- Geelvis: beide spesies
- Baber
- Klipbaber
- Swartbaars
- Moddervis
- Kurpertjies sekere tye van die jaar
Hengel vind meestal binne 25 m van die oewer plaas aangesien die water op sy diepste daar is. Die rivier is mooi breed maar word vlakker na die oorkantste oewer. Ons het gevind dat die volgende oor die algemeen help om makliker te vang:
- Kleiner hoekies
- Floaties
- Wit deeg
- Laastens – gooi jou mielie bom op n kol om bietjie voer plek te maak.
- Geure- Amandel, bubblegum, tjop tjop,qautro van supercast , piesang, banjo.