Skip to content
Geskiedenis
vaal-rivier-visvangDie Smit gesin is baie lief vir die buitelewe wat visvang, jag, kamp en buitesport soos rugby en road running. Met 3 woelige seuns was die Vaalrivier baie naweke ‘n lekker wegbreek vir ons as gesin. Toe die geleentheid hom voordoen om ‘n plek langs die water te kon koop het ons dit met albei hande aangegryp.

Die eerste naweek op die nuwe perseel het ons op die naam besluit en dit het so gekom: Ek en Sonja het na sononder afgestap water toe. Dit was ‘n windstil laat middag en die donker het vinning gekom. Die oomblik toe ons die water deur die bome sien het die maan helder op die absolute stil water geskyn en daar het Blinkwater sy naam vandaan gekry. Tot vandag toe sien ons die wonderlikste sonsopkoms en dis ons stukkie paradys.

vaal-rivier-visvang-eer-jesus-koningOns het die afgelope 10 jaar konstant verbeteringe aangebring en met ‘n besige program het ons net naweke om iets daar te doen. Twee jaar gelede het ons ‘n paar Vleis Merinos aangeskaf om die gras kort te hou op die oord. Vir baie kinders is dit iets besonders om so naby die skape te kom, aangesien meeste in die stad groot word.

Ons almal leef ons geloof uit as kinders van Pappa God en ons het al soveel mense gehad wat as besoekers kom en as vriende die perseel verlaat. Geen vreemde gode word hier aanbid nie. Besoekers sal ‘n Goddelike vrede hier ervaar. Besoekers verlaat ons goed uitgerus met nuwe moed vir die lewe.

Klimaat
Op Blinkwater kan dit lekker warm word met temperature in die somer bo 30 grade. Ons het lekker groot Bloekombome op die oewer. Vroeg oggend is daar sonskyn op die oewer, maar lank voor middag beweeg die son agter die bome in en is daar skadu op die hele oewer deel. In die winter daal die kwik gereeld naby vriespunt en temperature naby -10 grade is al gemeet.

032Gelukkig kan die chalets maklik verhit word en ons het die lieflikeste wintersdae met lekker temperature deur die dag. Langs die oewer is daar ‘n “bosveld TV”- dis nou ‘n vuur put waar hout in ‘n staal raam gepak word en lekker vuur gemaak word. Daar is ook twee braai plekke langs die water. Elke chalet het sy eie braaigeriewe.

Ontspanning
Vir die somer is daar ‘n lekker skoon swembad. Maak seker jy bring genoeg sonroom. Daar is ‘n sandput en ‘n speelparkie vir klein kindertjies. Ons kinder partytjie fasiliteit kan bespreek word en is propvol vermaak.

Akkomodasie
Die chalets is naby die water gelee. Al die chalets is geteel en het plafonne. Elke chalet is toegerus met ‘n yskas, mikrogolf, breekware, ‘n twee plaat stofie en braaigeriewe. Elke matras word beskerm met ‘n skoon onderlaken. Skoon lakens word voorsien en ons gaste bring hul eie beddegoed.

Chalet 1: Enkel vertrek chalet met ‘n groot grasdak stoep vir 4 persone. Die chalet is so 50 m vanaf die oewer en 25 m vanaf die hoof ablusie blok gelee. Vier persone kan hier slaap. Die chalet is toegerus met een dubbel bed en ‘n twee slaapplek bunker bed.

Chalet 3: Hierdie enkel vertrek chalet is 20 m van die oewer gelee en het ‘n lieflike gras dak stoep aan die voorkant. Die chalet is baie gewild omdat dit so naby aan die oewer is. Vier persone kan hier slaap. Die chalet is toegerus met een dubbel bed en ‘n twee slaapplek bunker bed.

Chalet 4: Hierdie chalet is die naaste aan die oewer (ongeveer 15 tree). Die chalet het ‘n mooi gras dak stoep. Ses persone kan hier slaap. Die chalet is toegerus met een dubbel bed, twee enkelbeddens en ‘n twee slaapplek bunker bed.

Chalet 5: Hierdie chalet is ook baie gewild en is 25 m vanaf die oewer gelee. Vier persone kan hier slaap. Die chalet is toegerus met een dubbel bed en ‘n twee slaapplek bunker bed.

Chalet 6 en 7 kan onderskeidelik 4 persone elk huisves. Die grasdak is so gelee dat die chalets as ‘n eenheid of apart verhuur kan word. Beide is toegerus met een dubbel bed en ‘n twee slaapplek bunker bed.

Tussen chalet 3 ,4 en 5 is daar ‘n rondawel wat toegerus is met twee toilette en wasbakke vir die gerief van ons gaste, veral na donker.

Die hoof ablusie blok is 70m van die oewer op hoër grond gelee. Beide die mans- en vroue badkamer is toegerus met drie toilette, twee storte ‘n bad. Warm water geriewe is besikbaar.

Algemeen

img-20151227-wa0004Ons is in die bevoorregte posisie om nog gereeld die geroep van Visarende te hoor, en otters, likkewane, maak so af en toe hul verskyning. Die naaste oorde is ongeveer ‘n km weg aan beide kante, as gevolg van ons posisie is daar min druk op die visse in die rivier. Gereeld word mooi visse gevang. Ons ondersteun “Catch and Release”, veral die geelvis spesies wat in dele van die groter Vaalrivier sisteem al hoe minder begin word.

Gesinne is vir ons belangrik en daar is min dinge wat my soveel plesier verskaf as om ‘n jong seun of dogter met ‘ngroot vis aan die hoek te sien. Maak voorsiening vir genoeg hout vir die bosveld tv (braai pit) as jy laat nag by die rivier sou wou bly sit.

Sekuriteit: Ons is ‘n privaat oord. Dit beteken dat toegangsbeheer, soos op ‘n privaat perseel, toegepas word. Hekke word teen sononder gesluit en ons het mure reg rondom. Reelings vir die hoofhek se sleutel, kan getref word indien julle sou besluit om vir die aand uit te wil gaan.

Wat is in die omgewing? Binne ‘n radius van twee km is daar 2 kafees, twee petrolpompe, en ‘n hardware winkel. Al die basiese benodighede soos vleis, ens en selfs visgerei kan hier gekoop word. Parys en Vanderbijlpark is beide 24 km vanaf ons gelee en Potchefstroom ongeveer 60 km. Ons is gelee op die rand van die Vredefort koepel-bewarings area. Vir die langafstand hardlopers is daar ‘n ideale oefen plek, Ertjiesberg is ongeveer 8 km van ons af, ‘n ideale Comrades oefen plek. Vir die fietsry entoesiaste is daar baie lekker roetes om te ry rondom Fochville, Parys ,Potch ens.